POPIA
NG KERK GOUDINI POPIA BELEID
Wet op beskerming van persoonlike inligting, Wet 4 van 2013. Die POPIA-Handleiding van NG Kerk Goudini verskaf die riglyne om aan die agt wetlike voorwaardes te voldoen ten einde te verseker dat daar met sorg omgegaan word met persoonlike inligting van ons lidmate. Hierdie handleiding is by die kerkkantoor ter insae. Die Wet maak ook voorsiening dat daar ter enige tyd aangevra kan word watter persoonlike inligting daar van ’n lidmaat gehou word en skryf voor hoe daar gevra kan word om dit te wysig of te vernietig. Alle inligting van lidmate word slegs gebruik vir gemeentedoeleindes. Lidmate kan asb die toestemmingsvorms op die webtuiste gaan aflaai onder DOKUMENTE of by die kerkkantoor kom afhaal. Dit kan ook per versoek aan u ge-epos word. U moet asb die toestemmingsvorm voltooi en onderteken en of terug epos na goudini@compnet.co.za of by die kerkkantoor inhandig.
Vir enige navrae kontak Heila by 0233491711 of goudini@compnet.co.za U samewerking in hierdie verband word opreg waardeer.