top of page

Personeel

Ons gemeente word bedien deur 'n wonderlike personeelspan vir wie hulle werk 'n roeping is.

Bedieningspan

Ons bedieningspan bestaan uit twee predikante en 'n jeugwerker. Al drie is passievol oor hul roeping vir die bediening en die uitleef van God se liefde aan alle mense.

WP.jpg

Predikant

Ds. WP du Plessis

Ds. WP is afkomstig van Vredenburg aan die Weskus en het by Stellenbosch studeer waar hy sy studies in 2010 afgehandel het. Hy het in 2017 by die gemeente aangesluit.

Predikant

Dr. Rudolph Scharneck

Dr. Rudolph is afkomstig van Witbank in Mpumalanga. Hy het in Pretoria studeer en in 2010 sy studies voltooi. Hy het in 2019 by die gemeente aangesluit. 

Rudolph Profile foto.jpg
Jonette.jpg

Jeugwerker

Jonette Cronje

Jonette is ons jeugwerker. Sy is passievol oor jeug en loop oor van kreatiwiteit. Kontak haar gerus vir enige navrae oor kinderkerk, kategese of enige ander jeugaksies.

Tuis: Join Us

Ondersteuningspersoneel

Ons ondersteuningspersoneel is ons skriba, koster, orrelis en twee algemene werkers. Hierdie mense sien om na die kerk se administrasie en terreine. 

Annelie website foto.jpg

Skriba/Saakgelastigde


Annelie Dorfling

Annelie is ons skriba. Sy het voorheen by NG Gemeente Gordonsbaai gewerk en is sedert 2024 in ons gemeente se kantoor werksaam. Sy hanteer alle administrasie van die gemeente.

Koster

Vondra Nell

Vondra is saam met die algemene werkers verantwoordelik vir die instandhouding en bestuur van die gemeente se geboue en terreine.

Sy is sedert 2019 deel van die personeelspan. 

Vondra website foto.jpg
Leaf Pattern Design

Algemene werker

Willem van Wyk

Willem hou hoofsaaklik die kerk se tuine in stand, maar hy doen ook ander algemene werk op die terreine wat nodig is.

Tuis: Join Us
bottom of page