Raak Betrokke

Smart Start
Ons as gemeente het Smart Start groepies in die minder bevoorregte areas begin waar kinders iets te ete kry en vroeë kind ontwikkeling met hulle gedoen word. U kan betrokke raak deur om vir die kinders te gaan lees of om iets te ete te skenk. U kan vir Theresa Appel kontak vir meer inligting.

Huis Lafras Moolman
Huis Lafras Moolman, Huis vir Bejaardes is 'n nie-winsgewende organisasie. U kan betrokke raak deur om vir die inwoners te gaan kuier en om die projekte wat geloots word vir fondsinsameling te ondersteun.

Buitelandse sending
Ons gemeente ondersteun twee sendingprojekte, naamlik Zambië sending en Chandamé sending. Ons sendeling in Zambië is 'n mediese dokter, Samuel Murray, wat inskakel by "The Zambia Project".
Chandame sending is 'n sending projek in Mosambiek gedryf deur Jannie en Susan Smit. U kan die kerkkantoor kontak oor hoe u betrokke kan raak by enige van hierdie projekte.

Soul Buddies
Soul Buddies is 'n geestelike verreikingsprojek met die koshuis kinders van Huis Goudini. As u wil betrokke raak kan u gerus vir Theresa kontak.

Kategese
Graad 1-3 leerders het tydens die erediens kategese. Graad 4-10 leerders het na die erediens kategese. Bring asb u kinders om deel te raak van ons kategese klassies en luister hoe u as ouer as kategeet kan betrokke raak. U kan vir Theresa Appel kontak vir meer inligting.

Verkleurmannetjies
Elke Woensdag middag vanaf 15:00 - 16:00 kom ons voorskoolse maatjies bymekaar om meer van Jesus te leer. Bring asb u kind om deel te raak van ons verkleurmannetjies. Kontak vir Theresa Appel vir meer inligting.

Bedieninge
Daar is verskeie bedieninge in ons gemeente waar u kan betrokke raak. As u voel u sal 'n goeie bydrae kan lewer by 'n spesifieke bediening laat weet asb die Skriba by die Kerkkantoor. Verskillende Bedieninge as volg:
Finansbediening
Gesamentlike Bediening
Eiendomme
Taakspan
Jeug
Gasvryheidsbediening
Verhoudingsbediening
Klankbediening